Hoenderpastei ~ Grootmaat

Jan van Niekerk

Lewer 48 porsies

Bestanddele
30 ml Sout
7 ml Witpeper
10 ml Tiemie
15 ml Wonderpeper
15 Kruienaeltjies
200 ml Suurlemoensap
5 Selderystingels, gekap
4 Uie, gekap
10 kg Hoendervleis
6 x 285 g Blikkies gesnyde sampioene
4 Pakkies sampioensoppooeier

Kors:
5 x 400 g Skilferdeeg

Metode:
Sny die hoender in stukke en deel in 4. Plaas in 4 kastrolle en meng die ander bestanddele behalwe sampioene en soppoeier en deel in 4 en voeg by die hoender. Bedek met water en stowe tot sag. Giet die sous af en verwyder al die bene uit die vleis. Plaas die vleis weer terug in die kastrolle  en deel die sampioenwater tussen die kastrolle. Voeg een pakkie soppoeier by elke kastrol en prut 20 minute. Deel die sampioene tussen die 4 potte en meng deur. Skep die vleis in 4 groot oondpanne en bedek met die skilferdeeg. Sny gleufies in die deeg dat die stoom kan ontsnap en bak in voorverhitte oond by 240°C vir 15 minute. Lewer 48 porsies.

(Visited 482 times, 1 visits today)
Advertisements
 

One thought on “Hoenderpastei ~ Grootmaat”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui