In die lig op ons knieë

GEBEDSVERSOEK PRAAT SAAM RAAK BETROKKE ENGLISH
In die lig op ons knieë
Hallo

Pieter vertel my van sy dae in ’n organisasie wat nie heeltemal bo die tafel bedryf was nie:

Jy word geblinddoek en by ’n losie ingelei en jou hartsbegeerte om lig te sien word aan jou gegun.

Daarna word jy voorgestel aan die drie groot ligte, naamlik die son wat heers oor die dag, die maan oor die nag en die seer agbare meester wat heers oor sy broers en hulle onderrig.

Dit terwyl my Bybel my vertel dat God die enigste lig is.

Voor jy weet, staan jy met ’n menslike skedel in jou hand terwyl jy die address to the skulldoen.

Wat my hart ontstel is die feit dat daar ’n man langs my gesit het wat Sondagoggend sy toga aantrek, die preekstoel bestyg en vir ’n gemeente preek.

As God jou genadig is, gryp Hy in en jy besef waarmee jy besig is.

Ek sê altyd dat as die dinge wat jy doen nie bo die tafel gedoen kan word nie, ruik iets nie lekker nie. Moet dit nie doen nie. Êrens lek die reuk uit en dan sit jy gou met ’n hoop gebakte pere, want sien: Jy is sonder die beskerming van God. Hoe kan jy vir God vra om Sy hand oor jou te hou as jy in die donker konkel? Onthou: God is die Lig. Daar waar Hy beweeg, verdwyn die donker en word alles blootgestel. Daarom sê ek altyd: Kroekies braai uit.

4Gelukkig is ek nie oor julle bekommerd nie, my broers en susters. Julle leef nie in die donker nie; daarom sal die dag van die Here julle nie onkant betrap nie. 5Julle sal gereed wees, want julle leef altyd in die Here se lig. Ons as gelowiges is immers dagmense, nie nagmense nie. Ons het niks om vir Hom weg te steek nie.

Ja. Mag dit waar wees van my en jou. Mag ons dade die dade van die lig wees. Kom ons maak seker dat alles wat ons doen, daar in die kantoor, in die kamer en by ons vriende van so ’n aard is dat ons dit orals sal doen. Maak seker dat die organisasies waarby jy betrokke is in die lig wandel en die enigste en ware Lig aanbid.

En as jy besef daar is dinge wat nie lekker in God se lig pas nie, wat dan?

Pieter help ons sommer met raad uit sy eie lewe:

God het in my dronk en duiwelse dae gereeld die mat onder my uitgeruk.

Elke keer het ek op my agterent geval, weer opgestaan en aangegaan met my streke.

Toe, op ’n dag, ruk Hy die mat onder my uit en ek beland op my knieë. ’n Plek waar ek nog steeds is en hoop om te bly vir die res van my lewe.

Op ons knieë in die lig en Lig…

Teks

1 Tessalonisense 5:1-3

Om oor na te dink

Doen jy alles in die lig?

Kan die Lig orals skyn waar jy is?

Hoe sal jy moet anders maak?

Gebed

Vader, ek kan niks vir U wegsteek nie. Help my om nie skaam te wees oor enige dade as U lig daaroor skyn nie. Ek wil gereed wees wanneer U kom. Amen.

Teksgedeelte: 1 Tessalonisense 5
4Gelukkig is ek nie oor julle bekommerd nie, my broers en susters. Julle leef nie in die donker nie; daarom sal die dag van die Here julle nie onkant betrap nie. 5Julle sal gereed wees, want julle leef altyd in die Here se lig. Ons as gelowiges is immers dagmense, nie nagmense nie. Ons het niks om vir Hom weg te steek nie.
6Ons mag nie aan die slaap wees soos daardie mense wat niks met die Here te doen wil hê nie. Nee, ons moet helder wakker wees. Ons moet reg leef.
Gerjo Ben

Ns. As jy van iemand weet wat hierdie e-pos nodig het, kan jy dit vir hom/haar forward. Jy kan ook info@kruispad.com
in die Cc blokkie sit en dan sal ons hulle op die poslys plaas.
e]

Geen kopiereg – kan gratis versprei word.

Print Email

Stel nie meer belang nie? Unsubscribe from this newsletter

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 78 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *