In Nood 1

Maandag 30 Julie 2018 Tema: In Nood 1

**** My eie woorde

**** Ons was al almal een of ander tyd in die nood. Daardie iets wat met jou gebeur waar jy nie weet hoe jy hier gaan deurkom nie. Vanoggend se teks is baie interessant omdat dit verwys na “die einde van die dae” Nou sê die HERE dis juis hierdie goed wat ons na Hom sal laat terugkeer. Eintlik is dit vreeslik hartseer om te dink dat die HERE juis nood en krisis moet toelaat om ons aandag ten volle te kry. Dan herinner die Psalmis ons daaraan dat ons juis na Hom kan vlug in tye van benoudheid.

Deut. 4:30  As jy in die nood is en al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, sal jy na die HERE jou God terugkeer en na sy stem luister.

Ps_37:39  Tau. Maar die hulp van die regverdiges is van die HERE, hulle toevlug in tyd van benoudheid.

GEBED vir VANDAG K

Onse Vader wat in die hemele is, baie dankie dat ons weer aan die begin van die werksweek met U kan ontmoet. Wil U voor ons uitgaan en waarlik U wil laat geskied in hierdie week verder. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter K. Moontlik verkeer hulle in nood vandag. Wil U uitkoms gee en hulle versterk met die wete U is altyd daar vir ons maar ook  in ons tye van nood. In Jesus se Naam Amen

Geseënde week en dag vir elkeen.

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 57 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *