KERRIE GROENTE BREDIE:

Anna Eksteen

Bestanddele
250g gaar, bruin bone
250g stowe lamsvleis
25ml olie
2 ui, gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
5ml komynsaad
5ml koljander, fyngemaal
5ml gemengde kruie
2ml matige kerriepoeier
1 groen soetrissie, gekap
250 g murgpampoentjies, in skywe gesny
100g rosyne
8 klein aartappeltjies, halfgaar gekook in die skil
50ml tamatiepuree
250ml geelwortel, in skywe gesny
suiker na smaak
1 klein blomkool, in blommetjies gebreek
sout en per na smaak
1 blokkie biefaftreksel, opgelos in 350ml kookwater

Metode
Verhit die olie in ‘n pan. Voeg die vleis, uit en knoffel by en soteer tot die vleis bruin is. Voeg die komynsaad, koljander, kruie en kerriepoeier by. Soteer die mengsel vir ‘n verdere 2 minute. Voeg die groente en bone by. Giet aftreksel bo-oor en laat die mengsel kook. Meng die tamatiepuree en rosyne by die bonemengsel in. Verlaag die hitte en prut vir 30 minute. Voeg smaakmiddels na smaak by. Die mengsel kan vir potjiekos gebruik word.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 260 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *