Koejawel Yskastert  Rita

Okkie Jansen van Vuuren
Foto: Landbou.com

Bestanddele
1 x 800g blik koejawelhelftes
2 x 410g blikke ingedampte melk
2 x 80g kersie of perskejellie
2 x 200g pakke Tennisbeskuitjies

Metode
Dreineer Koejawelhelftes en hou sap eenkant.  Druk Koejawels met ‘n vurk fyn. Meng jelliepoeier en sap wat eenkant gehou is en verhit in pan tot jelliepoeier gesmelt is. Verwyder van hitte.. Voeg fyn gedrukte Koejawels en ingedampte melk by en roer goed. Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n 3 liter tertbord en skep die helfte van die Koejawel mengsel in. Rangskik nog ‘n laag beskuitjies bo-oor en skep oorblywende Koejawelmengsel in. Maak orige beskuitjies fyn en strooi krummels bo-op tert. Bedek met kleefplastiek en verkoel tot gestol.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 200 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *