Lekkerste Brandewyn Tert

Anna Eksteen

Dit is ‘n heerlike klam tert dié.  Moenie skrik vir die boontjies nie, ‘n mens proe dit glad nie.   Bedien met room of roomys.

BESLAG:
125g dadels, gekap
100ml kookwater
10ml koeksoda
15ml canola of olyfolie
250ml klein wit of botterboontjies, fyngedruk
1 groot appel, gerasper
200ml sagte bruinsuiker
2 eiers, geklits
5 ml vanieljegeursel
125ml koekmeel
5ml bakpoeier   
knippie sout
125ml hawersemels, vasgedruk
12 pekanneuthelftes, gekap
125ml hoëvesel-ontbytgraan, fyngedruk

SOUS:
250ml perske en lemoensap mengsel 
5ml vanieljegeursel
65ml brandewyn

Metode
Voorverhit die oond tot 180C en smeer ‘n tertbak liggies. Giet die kookwater oor die dadels en laat ‘n rukkie staan sodat die dadels kan sag raak en druk fyn. Voeg die koeksoda by en roer totdat die mengsel skuim. Meng die fyngemaakte boontjies en gerasperde appel by die dadel mengsel en laat ‘n rukkie staan om te laat afkoel.  Roer die olie en suiker by, en daarna die geklitste eiers en vanieljegeursel. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en voeg al die droë bestanddele geleidelik by.  Giet in die gesmeerde tertbak en bak vir 50 minute. Sny dit terwyl dit nog warm is. Laat kook al die sousbestanddele vir 5 minute saam en giet oor die warm tert.

Lewer 12 porsies.

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 593 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *