MIKROGOLF FUDGE

Lynette Muller
Bron: Jenny Homenet
Plasing Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Bestanddele
1 blik kondensmelk (Nestle)
2 kop strooisuiker
125 g margarien
5 ml vanielje geursel

METODE:
Gebruik ‘n 2liter mikrogolf bestande bak
Sit die eerste 3 bestanddele in volgorde soos bo daarin
Laat net jou geursel uit vir later
Mikrogolf vir 2 minute op hoog (100%) krag.
Haal uit en roer alles baie goed deur met ‘n houtlepel
Sit die bak terug in die mikrogolf en mikrogolf vir 4 minute
Haal uit en roer goed deur….. Mikrogolf weer vir 4 minute en roer goed deur
Mikrogolf nou vir die laaste 2 minute
Dit sal opkook maar nie oorkook nie. Wees versigtig vir spat as jy roer dit is BAIE WARM
Haal uit met vatlappe en sit die geursel by.
Roer baie goed deur dat die geursel inmeng werk vinnig want jy sal sien op die kante begin hy reeds “stol”
Gooi dit in jou vierkantige bak gespuit met spray & Cook .
Laat effens afkoel en sny in blokkies. Laat verder afkoel en geniet!

NOTA: Mikrogolwe verskil so kyk na die tekstuur..sommige is al na 9 minute gereed en ander vat langer (tot 12 minute)

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,353 times, 1 visits today)
Advertisements
 

One thought on “MIKROGOLF FUDGE”

  1. Ek het met die mikrogolf fudge agtergekom dat my fudge meer sukselvol was toe ek vir my n groot glasbak aangeskaf het.
    Hoe groter jou bak hoe minder sal hy wil oorkook.
    In my kleiner bak moes ek meer gereeld roer en het my fudge maklik geflop.

     

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *