VINNIGE  RISOTTO

Rika Theron

Bestanddele
2 repe spekvleis, gekap,
2 ui, in skywe gesny,
1 tamatie, gekap,
1 e gekapte soetrissie,
‘n paar gekapte sampioene,
knypie gemmer,
1 k rou rys,
1/2 k gaar hoender, gesny,
2 t hoenderpoeier,
2 k water.

Metode
Braai spek en uie tot bros en voeg rys by.  Braai verder tot rys bruin is en voeg dan al die ander bestanddele by.  Bedek en prut tot vloeistof geabsorbeer is, ongeveer 20 minute lank.  Neem ongeveer 25 minute.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 222 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *