“BROWNIES”:

Anna Eksteen

Bestanddele
100ml botter
375ml suiker
100g goeie gehalte bitter sjokolade in blokkies
knippie sout
5ml vanieljegeursel 
3 ekstra groot eiers
250ml koekmeelblom
30ml kakao
100g okkerneute

VERSIERSEL:
100g goeie gehalte bittersjokolade in blokkies
100ml room

Metode
Voorverhit oond tot 180C. Smeer ‘n vierkantige koekpan of vuurvaste bak. Plaas sjokolade en botter in ‘n klein kastrol en roer oor lae hitte totdat alles gesmelt is. Roer suiker en sout by gesmelte botter en sjokolade tot goed gemeng. Voeg vanieljegeursel by. Voeg eiers een-een by en roer deeglik na elke byvoeging om te verseker dat elke eier deeglik ingeroer is, voordat die volgende een bygevoeg word.  Verwyder van plaat en klits die sjokolade mengsel met ‘n handklitser vir een minuuut tot glad en romering. Sif meelblom en kakao saam. Kap okkerneute grof en voeg by. Voeg sjokolademengsel by droë bestanddele en vou in met ‘n groot metaallepel. Giet in voorbereide pan en bak vir 30-35 minute. Verwyder uit oond en laat staan vir 15 minute om af te koel.

BEREI VERSIERSEL:
Plaas room in ‘n klein kastrolletjie en verhit tot kookpunt. Verlaag hitte en laat met ‘n derde indamp. Verwyder van hitte en roer sjokoladeblokkies by tot gesmelt. Laat staan tot smeerbaar. Maak koek langs kante los en keer versigtig uit. Smeer versiersel oor en sny in blokkies.

Lewer 12 blokkies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 258 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *