GHOELASJ ~Grootmaat

Jan van Niekerk
Vir die gereg kan jy dikrib, bolo, binneboud, dystuk of diklies gebruik
Lewer 48 porsies

Bestanddele:
6,5 kg Ontbeende beesdikrib in 20mm blokkies gesny
200 ml Sonneblomolie
1 kg Uie, gekap
25 ml Paprika
25 ml Sout
10 ml Varsgemaalde swartpeper
800 ml Tamatiepuree
1,2 l Vleisaftreksel
2 kg Wortels, in skyfies gesny
125 g Koekmeel
200 ml Varsgekapte pietersielie

Metode:
Verhit die olie in ‘n groot pot en braai die vleis bruin. Voeg die uie by en soteer tot sag. Voeg die geurmiddels, tamatiepuree en warm aftreksel by. Verlaag die hitte, plaas die deksel op en prut vir 1 uur. Voeg die wortels by en prut nog 45 minute. Verdik die vleissous met pasta van meelblom en water. Bedien saam met bruinrys of koring. Ook lekker op pasta. Lewer 48 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 394 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *