Heling 1

Maandag 20 Aug.2018 Tema: Heling 1

**** My eie woorde

Kom ek begin met die teenoorgestelde vanoggend.

Die volmaakte resep vir mislukking:

Bedink die dinge wat God nie oor jou sê nie.

Bedink die dinge wat die duiwel oor jou sê.

Bedink die negatiewe dinge wat jy dink ander oor jou sê.

Beleef ‘n onaangename donker depressiewe dag sonder enige lig.

Ek glo op ’n Maandag na ’n naweek, met alles wat voor jou lê is dit maklik om dit te ervaar. Dan is my woord vir jou vandag, fokus op Christus en Sy beloftes, moenie langer op jou emosies en gevoelens staatmaak nie, maar hou in geloof aan God vas. Jou kind kom sê vir jou – ek voel nie soos Ma se kind nie. Beteken dit omdat sy so voel sy is nie jou kind nie? Natuurlik nie. Of sy groot of klein of stout of soet is, of sy naby of vêr is en of sy so voel of nie, sy is en bly jou kind. Dit is net so met my en jou teenoor God. Indien jy aan die voorwaarde voldoen het, is en bly jy Sy kind. Wat is die voorwaarde

Joh 1:12  Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in Sy Naam glo;

**** Kyk na die skepping sien jy enige “gemors” wat God gemaak het -Nee! Dus is jy ook nie, dit is sonde wat ons lelik maak. Dis sonde wat die wêreld verwoes. Jy is die kroon van Sy skepping Glo dit en hou vas daaraan en leef dit.!

Fil 4:8 Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit. Kol 3:2  Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. Rom 8:7 omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.

Rom 12:17 vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense;

**** Wanneer die vyand vandag in jou gedagtes kom maal , gee dit vir Jesus en fokus op Hom.

GEBED vir VANDAG A

Onse Vader groot en heilig is U Naam. Hoe maklik kan die vyand ons lewensvreugde kom steel deur ons gedagte te vul met alles wat lelik is. Help ons om vandag na U te kyk waar ons hulp en ons redding vandaan kom. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter A .

Moontlik het hulle vanmôre heling nodig van hartseer, van vrees van kommer van verkeerde gedagtes. My Vader laaf hulle met U hemelse dou, voorsien in hulle spesiale uitroep na U  in Jesus se Naam Amen .

’n Geseënde en wonderlike week vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 78 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *