Heling 2

Hoe word ons weer heel wanneer jy ervaar dat alles hier binne jou rou, seer en stukkend is.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 

Dinsdag 21 Aug.2018 Tema: Heling 2

**** My eie woorde

****Hoe word ons weer heel wanneer jy ervaar dat alles hier binne jou rou, seer en stukkend is. Jy voel soos ‘n soldaat wat op die slagveld agtergelaat is. Jy voel soos ’n kind wat sy nerwe afgeskuur het of die teerpad na ’n val. Dit voel asof jou borskas pyn, maar dis nie fisiese pyn nie, dis hier in jou gedagtes wat alles ronddraai soos herfsblare in die winter wind. Waar begin ek om die lelik wat nou hier in my binneste woed  weer mooi te kry. Hoe verander ek hierdie donker bitterheid sodat dit oorgaan, na die sagte warmte wat my altyd omvou het. Die eerste aspek is EERLIKHEID. Wees eerlik teenoor God en eerlik teenoor jouself. Daarom kan jy vandag met eerlikheid vir Hom sê dat jy kwaad is, dat jy stukkend is, dat jou hart gebreek is, dat jou geloof op ‘n laagtepunt is…dat jy sommer net wil bly lê. Gaan gooi jou vanoggend teen jou Meester se bors vas en huil jou uit. Ek weet Hy sal jou in Sy arms omvou, en jou styf teen Hom vasdruk totdat jy beter voel. Ek weet ook dat Hy vandag Sy engele sal stuur om in jou diens te staan omdat Hy jou liefhet. Verder het Hy ons nie alleen agtergelaat nie, Hy het Sy Heilige Gees na ons gestuur om elke dag saam met ons te stap en in ons te woon. 

Heb 1V13 En aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete?  14  Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie?

Spr.24:16  Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk.

2Kor 1V3 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting,  4 wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word.  5 Want soos die lyde van Christus oorvloedig is in ons, so is ons troos ook oorvloedig deur Christus. 

Joh.14:16  En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:

GEBED vir VANDAG B

Ons Heilige Vader, ons kom soek heling by U vanmôre. Miskien is ons reeds heel maar het iemand anders ons nodig om hulle te versterk en te vertroos. Help ons om ander se nood raak te sien. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter B. My Vader U ken hulle nood , hulle smekinge, maar U weet ook wat die beste vir hulle sal wees. Ek vra vanoggend laat U wil geskied want ons weet U weet soveel beter as ons. In Jesus se Naam. Amen

Geseënde daggie vir elkeen

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com 

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 51 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *