Hy roep jou 1

Maandag 13 Aug. 2018 Tema: Hy roep jou 1

**** My eie woorde

**** Wanneer ons na vandag se tema kyk is dit maar 3 woordjies: Hy- roep- jou . Tog wanneer mens die klem verskuif, het dit elke keer ’n ander betekenis ….die eerste klem gaan oor Wie jou roep. Samuel en die Priester Eli lê en slaap in die tempel …en dan sê die woord en die HERE het na Samuel geroep en hy het geantwoord.

1Sam 3:3  toe die lamp van God nog nie doodgegaan het nie, en Samuel lê en slaap in die tempel van die HERE waar die ark van God was, 4 het die HERE na Samuel geroep; en hy het geantwoord: Hier is ek.

****In vandag se tyd gaan daar baie stemme op wat ons roep ….al die goed wat jy nog wil doen al die roemryke dinge. Jy het nog baie drome en dit is goed, …maar vanmôre hoor jy so duidelik “ Die HERE roep jou …..wat is jou antwoord?

Heb 4:7  bepaal Hy weer ‘n sekere dag, naamlik vandag, as Hy soveel later deur Dawid spreek, soos gesê is: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie.

GEBED vir VANDAG S

Onse Vader groot en heilig is U, Vader Seun en Heilige Gees.  Baie dankie vir ’n nuwe week, met nuwe uitdagings maar boweal vir die krag en die genade om die dag saam met U te begin. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter S, miskien hoor hulle helder en duidelik vanmôre soos Samuel U stem waar U sê S….. Ek roep jou . Help hulle om die regte keuse te maak en om U ’n antwoord te gee soos Samuel. Ek vra dit in Jesus se Naam Amen

’n Wonderlike en geseënde daggie en week vir elkeen.

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 49 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *