Hy roep jou 2

Dinsdag 14 Aug. 2018 Tema: Hy roep jou 2

**** My eie woorde

**** Gister het ons gesê die HERE roep jou, maar vanmôre sien ons iemand wat in sy nood uitroep na die HERE. Mense sê vir hom, hy moet stilbly, maar hy leen nie sy ore uit nie, hy roep net harder. Waarvoor vra hy? Hy vra vir barmhartigheid. Tussen al die geraas en beweging gaan Jesus staan …. dan kry hierdie blinde man die beste boodskap van sy lewe. Kom ons lees dit.

Mark 10:48  En baie het hom bestraf, dat hy moet stilbly; maar hy het al harder uitgeroep: Seun van Dawid, wees my barmhartig! 49 Toe gaan Jesus staan en sê dat hy geroep moes word; en hulle roep die blinde man en sê vir hom: Hou goeie moed, staan op! Hy roep jou.

**** Miskien roep jy ook vandag uit na die HERE en vele maak jou stil. Net soos die blinde man vra jy barmhartigheid, iemand wat sal verstaan en omgee. As die blinde man daardie oomblik na mense geluister het, het hy verseker nooit weer gesien nie. Daarom as ek en jy hierdie verlange in ons harte het om na God uit te roep, moenie stilbly nie hou aan, totdat Sy vrede jou oorweldig, want Hy gee om en Hy hoor en Hy is vol van barmhartigheid. Dit is jou boodskap vandag , hou goeie moed staan op Hy roep JOU.

GEBED vir VANDAG T

Onse Vader in U woord sê dit U is  barmhartig en genadig, U is  lankmoedig en groot van goedertierenheid. Maak U woord waar vir elke persoon wat nie opgegee het om te roep nie. Ek bid spesiaal vir elkeen onder die letter T . Strek U deurboorde hand oor elkeen uit vol van U genade vandag. In Jesus se Naam Amen

Geseënde daggie vir elkeen

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 107 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *