Hy roep jou  3

Woensdag 15 Aug. 2018 Tema: Hy roep jou  3

**** My eie woorde

**** Toe Jesus die skare mense saam met sy dissipels roep sê Hy vir hulle iets baie belangrik.

Mark 8:34  En toe Hy die skare saam met sy dissipels na Hom geroep het, sê Hy vir hulle: Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg.

**** Dis mos maklik om te sê ek wil Jesus volg, wanneer alles goed gaan, maar dan slaan die moeilikheid toe en nes die een ding verby is volg die ander een. Nou sê Jesus jy moet jouself verloën, jy moet opoffer, jy moet die kruis dra maar bly volg al voel jy dis te erg. Dan is daar sulke ernstige woorde wat ons so maklik verby lees.

V38 Want elkeen wat hom vir My en My woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van Sy Vader met die heilige engele.

**** Hier is baie belangrike inligting, Jesus sê Hy kom in die heerlikheid van Sy Vader met die heilige engele….maar dan sê Hy indien ons in hierdie lewe vir Hom of Sy woorde skaam is, sal Hy op daardie groot dag ook vir ons skaam kry. Hoe vreeslik sal dit net nie wees nie .

1Joh_4:15  Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is—God bly in hom, en hy in God.

GEBED vir VANDAG UV

Onse Vader ons moet eerlik bely dat ons nie altyd opstaan vir U soos ons moet nie. Terwyl daar nog genade is, vra ons om genade en vergifnis. Help ons om met vrymoedigheid U voor ander te bely want dan sal U ook eendag ons bely voor U en ons Vader. Ek bid spesiaal vir elkeen onder die letter U en V. Net U wat alwetend is weet wat hulle behoefte en nood is vandag. Gee ag op hulle versoeke volgens U groot en heilige wil. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde daggie vir elkeen.

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 43 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *