Hy roep jou 4

Donderdag 16 Aug. 2018 Tema:  Hy roep jou 4

**** My eie woorde

**** Mense as ek nou vanmôre eerlik moet erken het ek een swakheid, name en gesigte. Ek ken mense wat uitstekend is om mense se naam te onthou. Ek dink ons elkeen weet ook hoe goed jy voel, wanneer iemand jou groet wat jy jare laas gesien het en die persoon noem jou op jou naam. Toe ek die tekste lees vanmôre besef ek dat ons verstandkies te klein is, om God se grootheid en  liefde te begryp.

Ps.139:16  U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

Jes.43:1  Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!

****Weet jy vir die Here is jy nie net ‘n nommer nie, Hy ken jou naam en as Hy jou roep, dan noem Hy jou op jou naam. Hy ken jou naam nog voordat jy gebore is. Dis hierdie selfde Skepper God wat jou op jou naam roep want Hy sê JY is SYNE! Dan die kosbare belofte aan die oorwinnaars. Hulle sal ’n nuwe naam kry wat net jy sal ken.

Open.2:17  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ‘n wit keursteen, en op dié steen ’n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.

GEBED vir VANDAG WX

Onse Vader baie dankie vir die kosbare wete dat U die God van die heelal ons elkeen se naam persoonlik ken. Wanneer U ons roep is dit op ons naam en dis so kosbaar om te weet. Ek bid vir elkeen onder die letter W – X  My Vader laat U genade oor hulle skyn vandag en mag hulle helder en duidelik U stem hoor, wanneer U hulle by die naam roep.   Mag ons almal eendag op grond van Christus se verdienste as oorwinnaars nuwe name ontvang ’n ervarings naam wat net die persoon  en U sal verstaan. Dankie, daarvoor in Jesus se Naam Amen.

Mooi en geseënde daggie vir elkeen.

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 48 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *