In nood 2

Dinsdag 31 Julie 2018 Tema: In nood 2

**** My eie woorde

**** Wanneer mens dink aan ’n spelonk is dit ’n lang donker grot in ’n berg met een opening. Jy is omring deur die koue rotse en jy kruip weg omdat jy vrees vir jou lewe. Al wat jy sien is die lig in die opening. Dis waar Dawid homself bevind, hy verkeer in nood en weet nie watter kant toe nie. Dawid ervaar totale verlatenheid .

Ps 142: 1 Hardop roep ek die HERE aan, hardop smeek ek die HERE.2  Ek stort my klagte uit voor Sy aangesig; ek maak voor Sy aangesig my nood bekend. 3 As my gees in my versmag, dan ken U my pad. Op die pad wat ek moet gaan, het hulle ‘n vangnet vir my gespan.

**** Dalk ervaar jy vandag jy is ook  in ‘n spelonk …miskien nie een van klip nie, maar een van omstandighede en jy weet nie hoe jy daar gaan uitkom nie. Onthou net dit, Jesus staan by die opening.  Deur Hom kan jy uit enige situasie beweeg. Glo jy dit? Dit sal vir jou wees soos jy glo.

Ps. 18:18 Hulle het my oorval op die dag van my nood; maar die HERE was my steun.

1Kor 10:13 Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.

GEBED vir VANDAG L

Onse Vader wat ’n wonderlike wete dat ons net soos Dawid in ons grootste nood na U kan uitroep en U hoor en verhoor. Wat ’n voorreg om U as ons enigste Herder te ken. U wat wag hou by die spelonke in ons lewens. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter L -wil U vandag die antwoord wees op hulle vrae en die uitkoms vir hulle nood. In Jesus se Naam  Amen

Geseënde daggie vir elkeen

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 54 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *