In nood  3

Woensdag  1 Aug. 2018 Tema: In nood  3

**** My eie woorde

**** Mure kan twee goed beteken, beskerming of skeiding. Ons het almal mure om ons wat ons beskerm of ons skei. Dit kan geld wees besittings, aansien en selfs my gesin. Dis daardie masker wat ek opsit wanneer ek vandag opstaan terwyl my hart dalk stukkend is wanneer ek besef hoe waardeloos my mure is. Tog as jy vandag eerlik na jouself kyk dan weet jy dat jy ook in die nood is, dat al jou mure verbrokkel en afgebreek is wanneer jy voor God staan. Die Here wil  hê ons moet die mure herbou soos Nehemia, maar met ’n verskil, nie met al ons gedagtes, ons goed en vertoon  nie maar deur  ‘n volkome oorgawe aan Hom.  Hy is ons muur van beskerming wat ons skei van sonde en ongeregtigheid. Hy gebruik wel vuur om te louter maar genees weer die wonde met Sy helende hand.  Die boustene vir Sy muur is  tyd, genade liefde en vergewensgesindheid. Sy muur skei ons van die wêreld en sluit ons in by Hom met Sy vrede

Nehemia 2:17  Daarop sê ek vir hulle: Julle sien die nood waar ons in is, dat Jerusalem woes lê en sy poorte met vuur verbrand is; kom, laat ons die muur van Jerusalem opbou, dat ons nie langer ‘n voorwerp van smaad kan wees nie.

Efes.2:13  Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. V14  Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het

Ps. 66:10  Want U het ons getoets, o God, U het ons gelouter soos ‘n mens silwer louter.

GEBED vir VANDAG M

Onse Vader baie dankie dat U ons beter verstaan as enige iemand op hierdie aarde. Ons eie mure is verbrokkel, kom herbou ons in U tyd genade en liefde. Ek bid vir elkeen onder die letter M. Wil U hulle opnuut vul met U vrede wat alle verstand te bowe gaan . In Jesus se Naam Amen

Geseënde daggie vir elkeen

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 38 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *