In nood 4

Donderdag  2 Aug 2018 Tema: In nood 4

**** My eie woorde

****  Die Heilige Gees vul ’n man en  stuur hom  met ‘n ernstige boodskap na Asa.  Vanoggend besef ek dit kon net sowel gewees het… Die HERE stuur ’n man na Suid-Afrika. Wat is dan so ernstig dat die HERE deur Sy Heilige Gees iemand afvaardig om met ’n volk te gaan praat?

2Kron.15:1  Toe het die Gees van God op Asárja, die seun van Oded, gekom; 2 en hy het uitgegaan om Asa te ontmoet en vir hom gesê: Luister na my, Asa en die hele Juda en Benjamin! Die HERE is met julle as julle met Hom is, en as julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat. 3  En daar was baie dae dat Israel sonder die ware God was en sonder ‘n lerende priester en sonder wet. 4  Maar as hulle in die nood hul tot die HERE, die God van Israel, bekeer het en Hom gesoek het, het Hy Hom deur hulle laat vind.

Ps 107:11  omdat hulle wederstrewig was teen die woorde van God en die raad van die Allerhoogste verwerp het, 12  het Hy hulle hart deur moeite verneder; hulle het gestruikel, en daar was geen helper nie. 13  Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos.

**** Wanneer ek vandag na ons land en ons volk kyk is ons eintlik ’n skandvlek voor ons Skepper. Ek sien dat ons nog in die grootste benoudheid gaan verkeer totdat ons omdraai na Hom

GEBED vir VANDAG N

Soos Daniel vanouds  bid ek  tot U my Vader om  belydenis te doen Ag, Here, grote en gedugte God, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom liefhet en Sy gebooie onderhou, ons het gesondig en verkeerd gedoen en goddeloos gehandel en in opstand gekom en van u gebooie afgewyk. Wees ons genadig wat meer kan ons vra. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter N Miskien roep hulle ook in hulle nood uit na U. Hoor en verhoor volgens U groot en heilige wil. In Jesus Naam Amen

Geseënde  daggie vir elkeen

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 54 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *