In nood 5

Vrydag  3 Aug 2018 Tema: In nood 5

**** My eie woorde

**** Paulus verkeer in verdrukking en nood, maar hoe wonderlik dat die nuus van ander se geloof hom vertroos. Hy sê nou leef hulle weer, m.a.w. ons is so bly ons kan nou weer aangaan. Wat ’n groot les is dit nie. Wanneer ek en jy in nood en krisis is fokus ons op ons eie situasie, maar hier leer ons dat ander se vreugde ons weer kan ophef om positief en in geloof aan te gaan. Daarom jou drukkie op iemand se arm vandag, jou woordjie wat sê hou moed is dalk net wat die HERE vandag oor jou pad stuur.

1 Thess 3:7  daarom, broeders, is ons in al ons verdrukking en nood vertroos oor julle, deur jul geloof.8  Want nou leef ons, as julle vasstaan in die Here.

1Th 5:14  En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal. 15  Sorg dat niemand ‘n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal.

GEBED vir VANDAG O

Onse Vader hoe wonderlik dat U ons nie almal gelyktydig in die nood laat kom nie, maar dat daar swakkes en sterkes is. Help ons elkeen om vandag ander se nood raak te sien en hulle te bemoedig. My Vader ek bid vanmôre vir elkeen wie se naam met die letter O begin. Ek vra omvou hulle met U lig van genade, u liefde  en teenwoordigheid. In Jesus se Naam Amen

Geseënde daggie en naweek. Tot Maandag as ons gespaar bly

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 70 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *