Maak jou eie karringmelk

Lynette Muller

As jy nie karringmelk het nie kan jy gou jou eie aanmekaarslaan deur ‘n houer te neem, 1 eetlepel asyn daarin te gooi en dit met melk aan te vul tot 250ml.  Gee dit ‘n roer en laat staan vir 5 minute en gebruik.

Hoekom gebruik ons karringmelk in resepte?
Karringmelk bevat suur wat met ander bestanddele soos bakpoeier en koeksoda reageer om suurstofborreltjies te maak om die rysproses te bewerkstellig.

Jy kan enige melk gebruik met ‘n suurmiddel soos asyn, lemoensap of suurlemoensap.  Die presiese hoeveelhede maak nie regtig saak nie.  Jy kan ‘n teelepel suurlemoensap gebruik instede van ‘n eetlepel wat die resep voorskryf.  Wees ook maar versigtig vir te veel, dit kan jou gereg laat suur proe.  Dit is beter om die melk by die suurmiddel te voeg as andersom.

Nog maklike plaasvervangers vir karringmelk:

Suurlemoensap
Gooi 1 eetlepel suurlemoensap in ‘n 250ml maatbeker en vul aan met melk tot by die 250ml merk.  Laat die mengsel staan vir vyf tot tien minute teen kamertemperatuur en gebruik.

Gewone jogurt
Meng twee eetlepels melk met genoeg jogurt om 250ml te maak en gebruik.

Kremetart
Klits 1 koppie melk (250ml) met 3/4 tot 1 eetlepel kremetart en laat dit staan vir vyf tot tien minute.  Roer voor gebruik.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 358 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *