My woestyn 1

Maandag 27 Aug. 2018 Tema: My woestyn 1

**** My eie woorde

**** Wanneer mens die woord woestyn hoor dink jy aan droogte, hitte, wind, sand, honger, dors, dood. Elkeen van ons gaan deur ons eie geestelike woestyn een of ander tyd. Elkeen van ons moet iets leer in die woestyn in ons lewens : Gehoorsaamheid Geduld Genade Geloof Hoop en Liefde.

Matt 3:1  In daardie dae het Johannes die Doper opgetree en in die woestyn van Judéa  2  gepreek en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom. 3  Want dit is hy van wie deur die profeet Jesaja gespreek is toe hy gesê het: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!

**** Die HERE stuur Johannes na die woestyn met ’n ernstige boodskap om die weg te berei vir die Messias wat sou kom “ Bekeer julle” Al is Johannes in die woestyn is hy gehoorsaam en hy voer sy opdrag uit. My vraag vanmôre is, hoor ek en jy vanmôre die ernstige oproep in ons harte van Johannes  wat so van toepassing is in ons dag. Bekeer jou ? Waarvan moet ek en jy ons dan bekeer? ons is mos goed en reg en daar’s mos nie fout nie .

1Joh 1:8 As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. 9  As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe   en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

**** Dink na oor hierdie woord vandag en die Heilige Gees sal jou wys wanneer Hy opnuut vir my en jou sê : “ Bekeer jou “

GEBED vir VANDAG F

Onse Vader baie dankie dat ons vanmôre hierdie nuwe werksweek saam met U kan begin. Heilige Gees vanmôre vra ek oortuig ons elkeen vanmôre hier in ons binneste wat ons van moet wegdraai, daardie deel in ons lewens wat ons Vader se hart bedroef. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter F. Ons hemelse Vader, miskien ervaar hulle ’n honger en ’n geestelike dors in hulle woestyn ervaring. Vul hulle met U liefde en genade. In Jesus se Naam Amen

’n Geseënde daggie en week vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 54 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *