My Woestyn 2

Dinsdag 28 Aug.2018 Tema: My Woestyn 2

**** My eie woorde

**** Ons het gister gehoor wat Johannes se boodskap was naamlik bekeer julle. Jesus vertel ’n gelykenis. ’n Man met honderd skape in die woestyn en een raak weg. Jesus probeer deur hierdie gelykenis wys hoe Hy vir sondaars omgee.

Luk 15:4  Watter man onder julle wat honderd skape het en een van hulle verloor, laat nie die nege en negentig in die woestyn staan en gaan agter die een aan wat verlore is totdat hy dit kry nie? 5  En as hy dit kry, sit hy dit met blydskap op sy skouers. 6  En as hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle: Wees saam met my bly, want ek het my skaap gekry wat verlore was. 7  Ek sê vir julle dat daar net so blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor nege en negentig regverdiges wat die bekering nie nodig het nie.

**** Indien jy kwalifiseer as ’n sondaar soos ek, dan is die boodskap vir jou. As jy ervaar jy is in ’n geestelike woestyn, al die ander mense loop dan so mooi pad met die HERE en hier sit jy . Wat doen jy vir die HERE Dan wil ek vanmôre vir jou daardie blye versekering gee …. Jesus soek jou. Hy los die 99 want hulle is al geestelik sterker maar jy wat daar eenkant alleen sit? Dis vir jou wat hy soek.

Open 3:20  Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.

GEBED vir VANDAG G

Onse Vader baie dankie, dat U deur U Seun vir ons kom wys het hoe lief U ons het. Dankie, Jesus dat U juis gekom het vir sondaar soos ons. Hoe dankbaar is ons dat U nie wag totdat ons reg is nie dat ons kan kom net soos ons is, dan sal U die res doen. Ek bid vanmôre vir diegene onder die letter G . My Vader ek weet nie wat hulle woestyn ervaring is nie, maar ek vra stil daardie honger en dors na U. Help hulle om opnuut U geklop te hoor en die deur oop te stoot dat U kan inkom.

In Jesus Naam Amen

Geseënde daggie vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 59 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *