My Woestyn 4

Donderdag 30 Aug. 2018 Tema: My Woestyn 4

**** My eie woorde

**** Daar is seker niks so erg soos dors in droë hitte nie. Die HERE gee opdrag vir die volk om deur die woestyn Sur te trek. Hulle trek 3 dae en kry geen water nie. Hulle is moeg uitgeput en dors en smag na die koel lafenis van ’n bietjie water … daar kry hulle die water by Mara. Ek verbeel my hoe hulle gehardloop het elkeen met ’n sak …maar toe die eerste een ’n sluk vat spoeg hy dit uit want dis bitter.

Eks. 15:22  Daarop het Moses die Israeliete laat wegtrek van die Skelfsee af, en hulle het uitgetrek na die woestyn Sur. Hulle het toe drie dae lank in die woestyn getrek en geen water gekry nie.

v23  En hulle het in Mara gekom, maar kon die water van Mara nie drink nie, want dit was bitter. Daarom heet die plek Mara.

**** Miskien trek jy ook tans deur jou geestelik woestyn, jy ervaar ’n geestelike droogte soos nog nooit voorheen nie. Dan kom jou eie planne en uitkoms maar op ’n dag  ervaar jy dis bitter water in jou woestyn  Kyk wat gebeur met Israel

Eks.15:25  En hy (Moses) het die HERE aangeroep, en die HERE het hom ‘n stuk hout gewys; dit het hy in die water gegooi, en die water het soet geword.

**** Hierdie hout het vooruit gewys na ons Verlosser wat ons water weer soet kan maak. Hy is die antwoord op elke vraag die uitkoms in elke krisis, die oplossing vir elke probleem. Hy maak my en jou bitter waters weer soet. Die wonderlike deel is dit kos jou niks.

Jes.55:1  o Almal wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk!

GEBED vir VANDAG i

Onse Vader wat in die hemel is groot en heilig is U Naam. Wat ’n wonderlike wete dat U ons bitter waters weer soet kan maak dat U in die dorre woestyn ’n koel lafenis van genade en hoop gee. Ons neem vanmôre U aanbod aan , hier is ek en elkeen wat vanmôre ervaar hulle kan net op U staatmaak. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter (i) Ek weet nie wat elkeen se woestyn ervaring is nie U weet dit . Terwyl hulle smag na uitkoms vra ek laaf hulle met U genade en gee hulle die krag om die kruis te dra . In Jesus se Naam Amen.

Geseënde daggie vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 81 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *