Omdat God my liefhet…

GEBEDSVERSOEK PRAAT SAAM RAAK BETROKKE ENGLISH
Omdat God my liefhet…
Hallo

God se idee is dat ons met ’n sak vol vreugde deur die lewe moet stap. Ons moenie met lang gesigte rondstap nie. Dis nie hoe God dit bedoel het nie. Maar ons sukkel. Ons sukkel om deur die swaar ons vreugde te vind. Ons sukkel om die opdrag van Paulus deel te maak van ons lewe: 16Wees altyd vol blydskap. Ek vermoed dit het iets te doen met die feit dat ons ons vreugde op verkeerde plekke soek.

Ons moet ons vreugde eerder in God soek. Wanneer ’n mens regtig die liefde wat God vir ons het, verstaan, kan ons te midde van die geswoeg vol vreugde wees.

Ek kry ’n e-pos van Elmo (skuilnaam) waarin die oorsprong van vreugde so mooi sigbaar is:

Omdat God my liefhet, raak Hy nie ongeduldig met my nie.

Omdat God my liefhet, hou Hy ook nie boek van my oortredinge wat Hy vergeef het nie. Hy vergeet daarvan.

Omdat God my liefhet, sê Hy nooit daar is nie meer hoop vir my nie.

Omdat God my liefhet, laat Hy my nooit in die steek nie, al doen baie van my beste vriende dit.

Omdat God my liefhet, ondersteun Hy my wanneer ek ‘n punt van wanhoop bereik. 

Dit is in sulke oomblikke dat ek werklik kan glo dat God my liefhet. Jy, die grootste van alle geskenke, is God se volmaakte liefde.

Vreugde is vir altyd.

Wanneer ‘n mens lag, is dit asof jy in jou binneste begin draf – jou geheime oefenprogram.

Die beste skoonheidskuur is ‘n gelukkige hart en ‘n vreugdevolle gees.

Verryk die lewe van ander mense met alles tot jou beskikking en jou eie beker van vreugde sal gou-gou oorloop.

Hoop op die beste. Wees voorbereid op die ergste en gaan alles glimlaggend tegemoet.

Lag gee smaak aan die lewe – soos sout oor ‘n eier.

Genot is vlietend en kan binne sekondes verdwyn. Maar blywende vreugde kom van die Here en bly stroom deur jou hart soos ‘n diep rivier.

Die rede waarom Christene so vol vreugde kan wees, is omdat Christus gister gesterf het, vandag leef en môre weer kom.

“Omdat God my liefhet…” se resultaat is vreugde in my. En die vreugde in my loop altyd oor na die ander rondom my.

Miskien moet ons ’n paar van die woorde uitknip en orals om ons opplak sodat vreugde deel van ons lewe kan word.

Teks

1 Tessalonisense 5:16-22

Dink bietjie hieroor

Is jy vol vreugde?

Weet jy hoe lief God jou het?

Wat moet jy doen om God se vreugde te ervaar?

Gebed

Vader, ek sukkel regtig hier. Die omstandighede waarin ek is, steel my vreugde. Ek wil weer lag. Ek wil weer oorloop van vreugde. Hoe kry ’n mens dit reg? Amen.

Teksgedeelte: 1 Tessalonisense 5
16Wees altyd vol blydskap. 17Praat met die Here elke keer as julle die kans het. Moet nooit moeg word om te bid nie. Hy hoor! 18Wees heeltyd dankbaar teenoor God, wat ook al met julle gebeur. Dan stap julle op die pad wat God vir julle beplan het toe julle in Christus Jesus begin glo het.
Gerjo Ben

Ns. As jy van iemand weet wat hierdie e-pos nodig het, kan jy dit vir hom/haar forward. Jy kan ook info@kruispad.com
in die Cc blokkie sit en dan sal ons hulle op die poslys plaas.
e]

Geen kopiereg – kan gratis versprei word.

Print Email

Stel nie meer belang nie? Unsubscribe from this newsletter

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 98 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *