PANNEKOEK MET LEMOENSTROOP

Anna Eksteen
Sekerlik een van die lekkerste winternageregte. Probeer hiervoor klein, dun pannekoeke maak.

CRÊPES
300ml koekmeelblom
1ml sout
3 ekstra-groot eiers
250ml melk
125ml water
15ml brandewyn
15ml gesmelte botter

Metode
Sif die meel en sout saam. Maak ‘n holte in die middel. Klits die eiers, melk en water goed saam en voeg by die bestanddele. Klits stadig om te meng en dan vinniger tot ‘n gladde beslag vorm. Roer die brandewyn en gesmelte botter by en laat staan vir 30 minute. Giet ‘n dun lagie van die beslag in ‘n klein pan wat met ‘n bietjie botter of olie gesmeer is. Braai oor matige hitte vir een minuut of tot borrels op die oppervlak verskyn, draai om en braai tot gaar aan die ander kant. Herhaal en hou eenkant warm. Lewer 16 klein pannekoekies.

LEMOENSTROOP
90ml botter
180ml strooisuiker
sap en fyn gerasperde skil van 3 lemoene
skeut vars suurlemoensap

180ml lemoenlikeur (soos Van der Hum of Cointreau)     
60ml botter

Metode
Verhit die botter en suiker saam. Voeg die lemoensap en skil by en prut tot verdik. Voeg die likeur en suurlemoensap by en verhit tot dit net wil kook. Verwyder van hitte en roer die botter by. Vou die pannekoekies in die helfte en dan weer om driehoeke te vorm en pak in die warm stroop. Laat opkook en sit warm voor met koue skinkroom.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 295 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *