Vergifnis 101

GEBEDSVERSOEK PRAAT SAAM RAAK BETROKKE ENGLISH
Vergifnis 101
Hallo

Ek leer ’n groot les oor vergifnis by Tertia (skuilnaam):

Drie jaar gelede het mense my pad gekruis. Ek is so dankbaar dat ek met genade van Bo vir hulle kon lei om ’n keuse vir Jesus te maak. ’n Noue liefdesband het tussen ons ontwikkel. Hulle het soos my eie kinders geraak.

Op onverklaarbare wyse het die vrou teen my gedraai. Ek het die laakbaarste SMS’e van haar gekry. Sy het boonop laat weet van al die leuens wat sy en ’n ander vrou oor my by my leraar kwytgeraak het.

Hulle wou my bediening vernietig. Ek het lank daarmee geworstel. Die verraad het diepe letsels gelaat. Maar met krag van Bo kon ek hulle uiteindelik vryspreek en vergewe. Ek het net vir hulle gebid.

Verlede jaar het albei die vrouens afsonderlik vergifnis kom vra.

Toe raak die een vrou se man baie ernstig siek. Sy lewe het aan ‘n draadjie gehang. Hy was in ICU. Dokters het haar op die ergste voorberei.

Een aand klop iemand aan die deur. Dis toe die man se vrou. Sy val in my arms en huil haar angs en nood op my skouers uit. Op die stadium het hulle nie meer kerk toe gegaan nie, dus geen pastoor of leraar om hulle by te staan nie.

Die afgelope 3 maande het ek hulle bygestaan en geestelik ondersteun.

Haar man het nou weer begin werk.

Toe sy destyds haar met my kom versoen het, is ek gevra hoekom ek haar na alles wat sy my aangedoen het, teruggeneem. Maar die Heilige Gees het gesê dis die regte stap wat ek neem. Vandag sien ek God se hand daarin.

Dis vergifnis. Dis ware vergifnis. Dis nie maklik nie. Nee, dis erg moeilik. So moeilik dat Tertia dit vir seker nie op haar eie sou kon regkry nie. Dis net met die hulp van die Heilige Gees dat ’n mens dit kan regkry.

Tertia verstaan presies: 15Sê vir ander gelowiges om nie wraak te neem nie. As iemand iets leliks aan hulle gedoen het, mag hulle nie iets leliks terugdoen nie. Sorg eerder dat julle van vroeg tot laat goeie dinge aan mekaar en aan ander mense buite die kerk doen.

En so in my agterkop wonder ek as sy nou nie die moeilike pad van vergifnis gestap het nie, wat sou van die vrou en haar siek man geword het? Wie sou hulle gehelp het?

Vergifnis is altyd die regte ding om te doen. Al is dit so erg moeilik.

Teks

1 Tessalonisense 5:12-15

Om oor na te dink

Wie moet jy vergewe?

Wanneer moet jy dit doen?

Het jy die Heilige Gees gevra om jou te help?

Gebed

Here, ek sukkel om te vergewe. Op my eie kan ek dit nie regkry nie. Mag U Heilige Gees my asseblief hierin help. Ame

Teksgedeelte: 1 Tessalonisense 5
15Sê vir ander gelowiges om nie wraak te neem nie. As iemand iets leliks aan hulle gedoen het, mag hulle nie iets leliks terugdoen nie. Sorg eerder dat julle van vroeg tot laat goeie dinge aan mekaar en aan ander mense buite die kerk doen.
Gerjo Ben

Ns. As jy van iemand weet wat hierdie e-pos nodig het, kan jy dit vir hom/haar forward. Jy kan ook info@kruispad.com
in die Cc blokkie sit en dan sal ons hulle op die poslys plaas.
e]

Geen kopiereg – kan gratis versprei word.

Print Email

Stel nie meer belang nie? Unsubscribe from this newsletter

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 89 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *