Witsous ~ Mikrogolf

Frik Lombard

Bestanddele
3 Eetlepels Margarien of Botter
3 Eetlepels Koekmeel
300 ml Melk
Sout en Peper na smaak

Metode
Plaas meel en margarien in ‘n houer. Sit in die mikrogolf vir 30 sekondes op hoog. Vat ‘n beker en gooi melk daarin, sit in die mikrogolf vir 2 minute. Kyk net dat die melk oorkook nie. Gooi nou ‘n bietjie van die warm melk in die margarien en meel mengsel. Gebruik ‘n vurk om dit goed te meng. Gooi weer ‘n bietjie melk by en klits weer goed. Hou so aan tot die mengsel nie meer klonte in het nie. Gooi nou die res van die melk by en meng goed.

Gooi nou die mengsel in die beker. Sit in die mikrogolf op hoog vir 1 minuut. Haal uit, gebruik ‘n vurk en meng goed. Sit weer terug in mikrogolf vir ‘n minuut op hoog. Meng weer goed en sit vir nog n minuut terug, haal uit, gooi sout en peper by en meng. Die witsous is nou reg vir gebruik.

Wenk
Gebruik ‘n groot beker om te sorg dat die witous nie oorkook nie.
Om ‘n heerlikke kaassous te maak, rasper genoeg kaas en voeg by die witsous en meng goed.
As n mens eers die manier bemeester het sal jy nie sommer stoof plaat witsous maak nie.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,737 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *