Bar One Poeding

Lynette Muller

Bestanddele
120 g roomkaas
3 Bar Ones in stukkies gesny
250 ml room styf geklits
700 ml melk, vir kitspoeding aanmaak
2 pakkies sjokolade kitspoeding
1 pakkie Romany Creams grof gebreek
1 Flake sjokolade

Metode
Meng die roomkaas en Bar One sjokolade.
Vou die geklitse room in.
Klits melk en kitspoeding saam en laat 5 minute in yskas stol.
Skep derde van die kitspoeding in glas bak.
Sprinkel die helfte van die stukkies Romany Creams daaroor, dan die helfte van die roomkaas mengsel.
Herhaal die lae en eindig met die oorblywende derde van die sjokolade poeding mengsel.
Skep die roomkaas mengsel oor met die oorblywende kitspoeding mengsel bo-op.
Sprinkel met die sjokolade om af te rond.
Sit in yskas tot gereed om dit te bedien.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 509 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *