Beer Can Chicken, Bier blik hoender (of gebruik Coke)

Ek is al lankal lus om die resep te probeer.
Ek het uiteindelik en dit was heerlik en sappig.
Ek het die hoender in die Cobb braaier gaargemaak.
Maar hy kan op enige ander braaier (verkieslik met n deksel) gaargemaak word of selfs in die oond.
Bedek die hoender en hele pan met foelie indien jy dit in die oond doen.

Bestandele:
een heel hoender
6 medium aartappels
halwe blikkie bier of coke
foelie

Die speserye en geure is na smaak:
Maar hier is wat ek gebruik het:
Ongeveer 200ml olyf olie.
5ml gerookte sout flokkies
4ml naeltjies
22ml Ina Paarman Hoender speserye
15ml gegeurde gemengde kruie (Robertsons)
5ml knoffel vlokkies
meng goed en laat staan vir die geure om trek.

Skil 6 medium aartappels.
Plaas dit in  zip lock sakkie saam met ongeveer 80ml olyfolie en 10ml sout vlokkies.
Meng en rol dat al die aartappels bedek is met die olie laag in die sakkie.

As die vuur/hitte gereed is plaas die halwe  bier in die houer

Bier blik hoender houer

Smeer die hoender met die olyf mengsel.
Maak seker dit is n lekker dik mengsel dan loop dit nie net af nie.
Plaas hoender oor die blikkie/staander en draai foelie om die vlerkies en om die boudtjies se punte
Plaas dit in foelie bord bv n tert bord.
Draai die aartappels elkeen apart in foelie toe en plaas om die hoender.
Sit in jou braaier en maak die deksel toe.
Myne het ongeveer 2 ure geneem om gaar te word.

MY hoender het ongeveer 2 ure geneem om gaar te word, saam met die lekker gebakte aartappels

Waarna ek net die boudtjiesafgesny het en teruggeplaas het in die biersous
Die hoender het ek met foelie bedek en saam met die aartappels warm gehou op 90 grade.
Ek het gevriesde oven bake groente saam met die boudtjies gesit en daar was n heerlike ete gaar met min skottelgoed.

*My bier blikkie was te hoog. Ek het die bier oorgegooi in n kleiner koeldrank blikkie (Tonic water)

Solank jou braaier se hitte egalig bly behoort enige braaier te werk

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 746 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *