Bid vir mekaar!

GEBEDSVERSOEK PRAAT SAAM RAAK BETROKKE ENGLISH
Bid vir mekaar!
Hallo

Paulus bid hier ’n baie mooi gebed vir sy medegelowiges in Tessalonika. Hy doen dit nie net omdat hy altyd so maak aan die einde van sy briewe nie. Hy doen dit nog minder omdat dit dalk the right thing to do is. Hy doen dit omdat hy regtig omgee vir die mense in Tessalonika en omdat hy vir seker glo in God se verhoring van gebede. Hy weet dat God dit wat hy vra, sal laat gebeur. Hy glo dit met sy hele hart.

Ons moet ook meer vir mekaar bid. Ons moet bid vir ons familie, vriende en bekendes. Maar ook vir die onbekendes. Jy is dalk die enigste en eerste persoon wat daardie persoon voor die Here bring. Ek moes al baie vir mense bid vir wie ek nie eintlik wou nie.

Ek onthou nog met die begin van die kruispad.com bediening het ek die eerste skryfstuk aan al die e-pos adresse op my rekenaar gestuur. ’n Paar mense het mooi op die “verwyder my asb. van die adreslys” gekliek. Tog was daar een wat my so bietjie teen die bors gestuit het:

EK WIL NOOIT NOOIT NOOIT WEER VAN JOU OF JULLE HOOR NIE !!!

EN INDIEN EK WEL WEER HIERDIE SOETSAPPIGE … KRY GAAN EK NIE SO ORDENTLIK WEES NIE.

HAAL MY AF VAN JOU … LYS !!!

EK HET NIE VIR JOU GEKONTAK NIE !!!

My vrou het met insig en wysheid na vore gekom en my uit die gat getrek: “Ons kan vir haar bid! Daar is dalk niemand wat vir haar bid nie. Dit is ons kans om vir iemand te bid wat dit regtig nodig het.”

Op ’n manier het die persoon ’n stuk van haarself kom wys, ’n stuk van haar hart oopgemaak en sonder dat sy dit weet, gesmeek dat iemand vir haar bid. En ons het die voorreg om dit te kan doen!

Jy kan dit ook doen. Bid saam met my en Paulus vir daardie mense:

23Ek bid dat God, wat vrede tussen ons en Hom gemaak het, julle lewe geheel en al vir Hom opsy sal sit. Mag Hy julle met alles binne-in julle oppas tot op daardie dag dat ons Here Jesus Christus weer kom. Mag Hy julle op ’n dag silwerskoon voor Christus laat staan, sonder ’n spikkeltjie sonde in julle lewe. 24Ek weet God sal my gebed verhoor, want Hy hou sy woord. Toe Hy julle sy kinders gemaak het, het Hy belowe dat Hy die hele tyd by julle sal wees tot op die heel laaste dag.

Daar is geen kans dat ek of jy of die grootste prediker of Christen ander se lewens en harte kan verander nie. Ja, ons kan bid en ons kan ’n voorbeeld wees, maar dit is net God se krag en deur die werking van Sy Heilige Gees dat mense ’n 180 grade draai kan maak. Dit is net God wat deur Christus se kruisdood die vloekwoorde uit ons en hulle lewens kan vee, want Hy doen dit met bloed.

Ons is te lig in die broek.

Ons moet bid, want God sal Sy deel doen. Kyk maar net! Vertrou! Wag! Moenie ophou nie, want God het belowe Hy sal ons gebede verhoor. Let wel, God hoor nie net soos ons nie, maar doen ook.

God is by ons elkeen. Hy loop elke oomblik saam met ons. God is by al die ander wat ook dink hulle kan God se dinge en God self verwilder met vloekwoorde en so. Maar Hy sal nie los nie. Hy is te lief vir elkeen van ons.

Daarom, bid en bid en bid vir almal om jou. God sal daar beweeg!

Teks

1 Tessalonisense 5:23-28

Dink bietjie hieroor

Vir wie kan jy bid?

Kan jy dalk die gebed laat oorloop in dade?

Ek wonder maar net!

Gebed

Soos Paulus bid ek ook: Ek bid dat God, wat vrede tussen ons en Hom gemaak het, julle lewe geheel en al vir Hom opsy sal sit. Mag Hy julle met alles binne-in julle oppas tot op daardie dag dat ons Here Jesus Christus weer kom. Mag Hy julle op ’n dag silwerskoon voor Christus laat staan, sonder ’n spikkeltjie sonde in julle lewe. Ek weet God sal my gebed verhoor, want Hy hou sy woord. Toe Hy julle sy kinders gemaak het, het Hy belowe dat Hy die hele tyd by julle sal wees tot op die heel laaste dag. Amen.

Teksgedeelte: 1 Tessalonisense 5
23Ek bid dat God, wat vrede tussen ons en Hom gemaak het, julle lewe geheel en al vir Hom opsy sal sit. Mag Hy julle met alles binne-in julle oppas tot op daardie dag dat ons Here Jesus Christus weer kom. Mag Hy julle op ’n dag silwerskoon voor Christus laat staan, sonder ’n spikkeltjie sonde in julle lewe. 24Ek weet God sal my gebed verhoor, want Hy hou sy woord. Toe Hy julle sy kinders gemaak het, het Hy belowe dat Hy die hele tyd by julle sal wees tot op die heel laaste dag.
Gerjo Ben

Ns. As jy van iemand weet wat hierdie e-pos nodig het, kan jy dit vir hom/haar forward. Jy kan ook info@kruispad.com
in die Cc blokkie sit en dan sal ons hulle op die poslys plaas.
e]

Geen kopiereg – kan gratis versprei word.

Print Email

Stel nie meer belang nie? Unsubscribe from this newsletter

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 126 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *