DADELGEMMERPOEDING

Rika Theron

Bestanddele Stroop
Kook ‘n stroop van 1 koppie suiker en 2 koppies water.

Bestanddele Poeding
1 k meel,
1/3 k melk,
1/2 k fyngesnyde dadels of korente,
1/2 t gemmer,
1 1/2 t koeksoda,
1 eier,
1/2 t sout,
2 e botter,
2 e appelkooskonfyt.

Metode
Smelt konfyt en botter en voeg melk waarin soda opgelos is, by.  Klits eier by asook dadels of korente.  Voeg droë bestanddele by.  Gooi in gesmeerde bak en gooi 1 koppie van die stroop daaroor.  Bak ‘n rukkie in matige oond (180°C).  Gooi weer ‘n koppie stroop oor en bak tot gaar – ongeveer 35 minute.  Haal uit en gooi res van stroop oor warm poeding en bedien met vla.  (Ongeveer 1/3 k brandewyn kan by stroop gevoeg word – dit gee ‘n heerlike smaak.)

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 134 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *