God bly in beheer 2

Dinsdag 11 September.2018 Tema: God bly in beheer 2

**** My eie woorde

**** Miskien ervaar jy dat jy in daardie tussen-in fase van jou lewe is. Jy het ’n pad met God begin stap, jy het die ou lewe agtergelaat, maar nou ervaar jy,  jy is in Niemandsland tussen êrens en nêrens en al wat jy weet, jy moet vorentoe. Jy is nie waar jy wil wees nie , maar jy is ook nie meer waar jy was nie. Baie dae voel jy so onseker, want dit lyk asof niks regtig uitwerk nie. Dit voel of jy op die branders van die grote oseaan van die lewe is, dan daar bo en dan daar diep onder. Ek wil jou daardie versekering gee, jy is deel van God se plan en Hy werk elke dag daaraan. Hy weet presies wat Hy vir jou beoog. Onthou altyd, God doen nie halwe werk nie. Al wat ek en jy moet doen, is vertrou Hom net. Hou aan Hom vas juis wanneer jy voel jy kan nie meer nie. Prys Hom vir jou krisis want jou getuienis is op pad.

Ps. 56:3  (56:4) Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou. 4  (56:5) Deur God sal ek Sy woord prys; ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan vlees my doen?

Ps 33:20  Ons siel wag op die HERE; Hy is ons hulp en ons skild;

GEBED vir VANDAG Q

Onse Vader wat in die hemele is, hoe dankbaar is ons vanoggend dat U nog nie klaar is met ons geestelike groei nie, maar boweal dat U nog nie opgegee het met ons nie. Dankie, dat elkeen wat hier lees of dit hoor kan weet hulle is deel van U plan vir hulle, dat U elkeen by die naam ken. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter Q. My Vader wat meer kan ons vra as net dit : “ Laat U wil geskied” Ons maak soveel planne, maar U weet beter. Seën ons vandag opnuut met daardie versekering U is God. U is en bly in beheer. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde daggie vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 74 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *