God bly in beheer1

Maandag 10 September.2018 Tema: God bly in beheer1

**** My eie woorde

**** Wanneer mens na die politieke mag stryd kyk, sien ek die prentjie van die hemel voor die sondeval. Lucifer wil hom gelykstel met die Allerhoogste, want hy is mos mooi en pragtig en wil aanbid word. Hy sleep ’n derde van die engele met hom saam en uiteindelik het God nie ’n ander keuse nie, as om hulle uit die hemel te verban. Nogtans gee hy nie op nie en hy gebruik op hierdie aarde mense, om sy rebellie aggressie woede haat en nyd voort te sit. Dit lyk voorwaar asof hy wen. Dan wil ek aan elkeen daardie versekering gee, ons Skepper God bly in beheer. Hy is die uiteindelike wenner.

Daniël 2:21  Hy tog verander die tye en die geleenthede; Hy sit konings af en stel konings aan; Hy verleen wysheid aan die wyse manne en kennis aan die wat insig het;

Jes. 45:5  Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie, 6  sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; 7  wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.

GEBED vir VANDAG P

Onse Vader wat in die hemele is, Jesus ons Verlosser en Heilige Gees ons Leermeester, wat ’n wonderlike wete dat U steeds in beheer is. Terwyl hierdie wêreld in ’n dolle vaart voortsnel is U die een wat alles in die holte van U hand vashou. U. Stel konings aan en U besluit wanneer en waar U die streep getrek gaan word, al dink die vyand hy is in beheer. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter P

Miskien ervaar hulle vandag dat hulle so graag nog meer vir U wil doen. Seën hulle handewerk en toewyding vir U. Hou hulle vas in U hand totdat U kom .In Jesus se Naam Amen.

Geseënde daggie en week vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 85 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *