Groentebredie

Emma de Klerk

Bestanddele en Metode
Braai 1 gekapte ui in bietjie olie tot deurskynend. Voeg by 3 gekneusde knoffelhuisies, 5ml elk gemaalde gemmer, borrie en gemaalde kaneel en bietjie gedroogde peri-peri.

Voeg by 1 x 400 g blik elk tamaties en kekerertjies (gedreineer), 125ml sultanas en 250ml water.

Bring tot kookpunt, verlaag hitte en prut vir 20 minute. Voeg by 400g blokkies botterskorsie, 4 groot murgpampoentjies (in skyfies gesny) en 2 wortels (in skyfies gesny); kook ’n verdere 20 minute tot groente sag is. Geur met sout en peper en bedien met koeskoes.

Koeskoes: Plaas 250ml koeskoes in ’n groot bak en bedek met 250ml kookwater; laat staan vir 5 minute tot water geabsorbeer is. Maak koeskoes met ’n vurk los en roer 25ml sagte botter en 60ml vars gekapte pietersielie by. Geur na smaak.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 222 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *