Grondbonebotter Broodjie

Lynette Muller

Voorverhit Oond tot 180 gr C

Bestanddele en Metode
Sif saam:
2 k bruismeel,
1 t koeksoda,
1 t sout.
Voeg dan 1/2 k bruin suiker by.
Werk 190 ml [driekwart koppie] gladde grondbonebotter met vurk in meelmengsel.
Voeg 1 geklitste eier en 250 ml melk by en roer goed deur.
Roer 2 t asyn by.
Kan ook gekapte grondbone byvoeg.
Skep in gevoerde, gesmeerde broodpannetjie. Bak vir 50-60 minute tot gaar.
Bedien met botter. .

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 85 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *