Heuning Soetpatats

Jan van niekerk
Koeke-Kyk-Resep – 29 Januarie 2018

Bestanddele:
1 kg Patats
125 ml Heuning
60 g Botter
Knippie sout
80 ml Water

Metode:
Voorverhit die oond tot 200’C. Smeer ‘n oondpan met ‘n lagie botter. Kook patats in skilletjies in soutwater tot net sag. Skil af sodra effens afgekoel en sny in skywe. Verhit heuning, botter, sout en water saam oor matige hitte. Plaas patatskywe in lae in bereide oondbak met ‘n lagie heuningsous tussen elke lagie. Skep orige sous bo-oor. Bak in oond vir sowat 30 minute tot sous deur patats getrek het en glansend lyk.

Lewer 6-8 porsies.

Bron: Kreatiewe kos idees

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,673 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *