KLEURVOLLE JELLIE

Lynette Muller

Bestanddele
1 pakkie groen jellie
1 pakkie geel/oranje jellie
1 pakkie rooi jellie
Aangemaak volgens aanwysings op die pakkie en gestol in die yskas.
1 blikkie kondensmelk
125 ml suurlemoensap

Metode
Sny die jellie in blokkies en skep deurmekaar in ‘n mooi glasbak. Meng die kondensmelk en suurlemoensap tot dik… (Die GEHEIM om kondensmelk en suurlemoensap dik te kry is om dit net in EEN rigting met ‘n lepel saam te vou. Moenie wild en wakker roer nie. Rustig, een rigting, invou!) Gooi oor die jellie.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 314 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *