Luister net. 1

Maandag 3 September. 2018 Tema: Luister net. 1

**** My eie woorde

**** Dis die begin van ’n maand en nuwe seisoen. Dan kom die ernstige woord vanmôre en ons kry drie opdragte

  • Luister na Sy stem
  • Let op
  • Hoor Sy woord

Jes 28:23 Luister, en hoor na my stem; let op, en hoor my woord! 24  Ploeg die ploeër die hele dag om te saai? Skeur hy sy akker oop, en eg hy die hele dag? 25 Is dit nie só nie: As hy dit bo-op gelykgemaak het, gooi hy swart komyn uit en strooi komyn en saai koring in rye en gars in vakke en spelt langs die kant. 26  En sy God het hom onderrig hoe om dit te doen, Hy leer hom. 27  Want swart komyn word nie met die slee gedors nie, en die wawiel word nie oor komyn gerol nie; maar swart komyn word uitgeslaan met ‘n stok en komyn met ‘n hout.28  Word broodkoring fyngestamp? Nee, nie altyddeur dors hulle dit nie; en al dryf hulle die wawiel en die perde daaroor—hulle stamp dit nie fyn nie

 **** Jesaja verduidelik verder oor grond voorbereiding, waar en hoe jy moet saai en dors en dat sekere saad anders as ander saad hanteer moet word. Dan eindig hy met die kosbare woorde

29  Ook dit kom van die HERE van die leërskare: Hy is wonderbaar van raad, groot van beleid.

**** Soms is ons lewens so deurmekaar. Waarom? Omdat ons nie luister nie, nie oplet nie en ook nie Sy woord hoor nie. Ons ploeter voort aan ons eie siening, ons saai op verkeerde tyd of plek ons plant deurmekaar en dan wanneer ons ’n oes soek van siele is daar niks. Ons sit op ’n hopie en voel ons bereik dan niks. Dan kom die antwoord vir ons vandag. Alles kom van Hom af. Volg Sy beginsels Hy is wonderbaar van raad en groot van beleid.

GEBED vir VANDAG K

Onse Vader hoe wonderbaar is U woord . Ons moet bely dat ons al so dikwels ons eie koers gevolg het . Nogtans dank ons U dat U juis daar is wanneer ons op ’n hopie sit en terug kyk na die gemors wat ons aangevang het. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter K . My Vader bedien hulle opnuut vanmôre met U wonderbare raad wysheid en genade . Salf hulle ore om te luister en te hoor .

In Jesus se Naam Amen

Geseënde daggie en week vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 64 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *