Luister net 2

Dinsdag 4 September.2018 Tema: Luister net 2

**** My eie woorde

**** Moontlik het jy ook al vir jou kinders gesê: As jy net wou luister!

Dan antwoord hulle: “Ek luister”  Nou sê jy “Nou hoekom doen jy dan nie wat ek vir jou sê nie?”  Klink dit bekend? Jy sien uit dit wat ons doen wys ons of ons luister. Jesus vertel ’n gelykenis

Luk 6:47  Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en dit doen Ek sal julle wys soos wie hy is. 48  Hy is soos ‘n man wat ‘n huis bou, wat gegrawe en diep ingegaan en die fondament op die rots gelê het; en toe die vloedwater kom en die stroom teen daardie huis losbreek, kon hy dit nie beweeg nie, omdat sy fondament op die rots was.

**** Waarom sou Jesus die gelykenis vertel? Die rede vind mens in vers 46 . Kyk wat is Sy aanklag

Luk_6:46  En wat noem julle My: Here, Here! En doen nie wat Ek sê nie?

**** Onthou my gehoorsaamheid red my nie, dit wys maar net dat ek reeds gered is en uit liefde wil ek graag doen wat Hy sê. Dan kom die wonderlike belofte as ons luister en doen staan ons vas op die Rots Jesus Christus onbeweeglik en standvastig in elke saak.

GEBED vir VANDAG L

Onse Vader wat ’n wonderlike wete dat U ons Rots is in tye van nood en krisis. Help ons om nie net te luister nie, maar om te doen wat U vir ons sê. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter L Mag hulle elkeen opnuut U stem helder en duidelik hoor wanneer U sê dit is die weg wandel daarop. Help hulle om te gehoorsaam kom wat wil. In Jesus se Naam Amen

Geseënde daggie vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 88 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *