Luister net 5

Vrydag 7 September  2018 Tema: Luister net 5

**** My eie woorde

**** Samuel kry opdrag van die HERE om Saul te salf as koning. Hy gee dan ook ’n opdrag aan Saul om die Amalekiete aan te val en met die banvloek te tref. Saul is gehoorsaam en gaan val die Amalekiete aan maar toe hy van die spog diere sien spaar hy die diere en wanneer Samuel hom uitvra bied hy die verskoning aan dat hy dit vir die HERE gaan offer. Dan kry mens hierdie ernstige woorde van Samuel wat my laat besef hoe belangrik dit is om te luister maar ook om te gehoorsaam 

1Sam_15:22  Daarop sê Samuel: Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme. 23  Want wederstrewigheid is ‘n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.

**** Kyk na hierdie kosbare belofte vir ons elkeen wanneer ons na Sy stem luister

Deut. 4:30  As jy in die nood is en al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, sal jy na die HERE jou God terugkeer en na Sy stem luister.31  Want die HERE jou God is ‘n barmhartige God; Hy sal jou nie verlaat en jou nie in die verderf stort nie; en Hy sal die verbond van jou vaders wat Hy hulle besweer het, nie vergeet nie.

GEBED vir VANDAG O

Onse Vader baie dankie om daardie versekering te hê dat U getrou is. Wanneer ons na U stem luister is U daar vir ons in tye van nood. Ons moet bely, ons is die probleem ons kan dikwels so eiesinnig en hardkoppig wees. HERE verander hierdie harte van ons in sagte harte volgens U wil. Ek bid vir elkeen onder die letter O. My Vader hou hulle vandag vas in U hand van genade en voorsien in hulle spesiale behoefte. Baie dankie vir die lafenis van reën wat U oral gestuur het. Wil U ons ook verder genadig wees. In Jesus se Naam Amen

Geseënde daggie en naweek. Tot Maandag as ons gespaar bly

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 40 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *