MADEIRASOUS

Rika Theron

Madeira Sous is heerlik saam met Filet of enige beesvlies

Bestanddele
1 e margarien,
1 wortel, gerasper,
1 ui, gekap,
1 gekrummelde lourierblaar,
knypie tiemie,
3/4 k water,
2 t beesvleispoeier,
1 t mielieblom,
1 t tamatiesous,
1 e gekapte pieterselie,
1/4 k sjerrie.

Metode
Soteer ui en wortel in margarien vir ‘n paar minute.  Voeg lourierblaar, tiemie en water by en kook 5 minute liggies.  Syg deur.  Voeg mielieblom en vleispoeier by vloeistof.  Roer tamatiesous in.  Verhit weer en roer dan die sjerrie en pieterselie in.  Maak ongeveer 1 koppie sous.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 156 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *