Om God se Gees te hoor

GEBEDSVERSOEK PRAAT SAAM RAAK BETROKKE ENGLISH
Om God se Gees te hoor
Hallo

Die Here het nog nooit met my in ’n hoorbare stem gepraat nie. Ek het nog nooit in ’n diep stem gehoor: “Gerjo Ben, jy moet die of daai” nie. Ek sê dit baie, want dit is so en ek beny die mense met wie God só praat.

Tog praat God baie deur Sy Gees in ons. Die probleem is dat ons baie keer net té besig is om God se Gees te hoor praat. Die wêreld raas so daar buite en dit is dikwels onmoontlik om die sagte fluistering van God se Gees te hoor.

Ons moet iets van ons kant af doen. So lê ek in die bed, wakker gemaak deur God se Gees, want ek het jare gelede vir God gevra om my soggens vroeg wakker te maak sodat ek genoeg tyd met Hom kan deurbring. Terwyl ek die oggend snoesig in my bed lê, hoor ek myself bid: “Here, help my om op te staan.” Kan jy dit glo!”

Ek spring op en sê vir myself: “Self, nou vat jy dit te vêr! Neem self die besluit en help jouself uit die bed!” Sjoe! ’n Mens kan darem partymaal ’n ding net té vêr vat. Moet God regtig alles vir ons doen?

Ek het besef ons moet ook van ons kant af die grond voorberei om God te ontmoet. Ons kan nie net ’n skietgebedjie opstuur en verwag daar gaan donderweer en bliksemstrale spesiaal vir ons gestuur word nie.

Nee, ons moet genoeg tyd maak om stil te word. Gaan ’n vreemdeling jou sommer tromp-op loop en ’n klomp waarhede en antwoorde op jou afpak? Nee, ek dink nie so nie. Die vreemdeling ken jou van geen kant af nie. Hoe sal hy dan nou weet wat die regte pad is wat jy moet stap? Hoe sal hy weet wat jou behoefte aan wysheid en leiding is?

Dis net binne ’n intieme verhouding waar hierdie dinge gebeur. So ’n verhouding neem tyd. Baie tyd. Daarom moet ons baie tyd in stilte met God deurbring. Ons moet Sy Woord bestudeer sodat ons Hom van naby kan leer ken. Binne so ’n verhouding sal ons Sy stem leer ken en presies weet wanneer Hy met ons praat.

19Moenie julle doof hou wanneer die Gees met julle praat nie. Luister fyn na Sy stem.

Dit sal wonderlik wees om iemand te hê wat sommer dadelik die regte pad aanwys by elke klein en groot kruispad waar ons kom. Hoe lekker sal dit nie wees as ons tone nie blou gestamp is en ons geen nerfaf plekke op ons lywe het nie?

Die goeie nuus is dat elkeen van ons wat glo, reeds die Heilige Gees in ons het en Hy praat onophoudelik met ons. Dis nou ons verantwoordelikheid om ons nie doof te hou nie. Of anders gestel: Dis ons verantwoordelikheid om op te staan en ons deel van die deal na te kom. Om tyd, genoeg tyd met God deur te bring sodat ons op die Heilige Gees se stasie kan kom.

Teks

1 Tessalonisense 5:16-22

Dink bietjie hieroor

Hoor jy die Heilige Gees?

Bring jy genoeg tyd met God deur?

Wat kan jy anders doen?

Gebed

O, Gees van God, mag ek genoeg tyd in U teenwoordigheid bring om U duidelik te hoor! Amen.

Teksgedeelte: 1 Tessalonisense 5
19Moenie julle doof hou wanneer die Gees met julle praat nie. Luister fyn na sy stem. 20Moenie die profetiese boodskappe van ander oorhaastig van die tafel vee nie. Luister na alles wat hulle sê, 21maar wees versigtig. Stel vas of dit regtig van die Here af kom. Bêre al daardie boodskappe wat wel van God af kom in julle hart, en gaan doen dit, 22maar bly weg van boodskappe wat julle op die verkeerde pad kan lei.
Gerjo Ben

Ns. As jy van iemand weet wat hierdie e-pos nodig het, kan jy dit vir hom/haar forward. Jy kan ook info@kruispad.com
in die Cc blokkie sit en dan sal ons hulle op die poslys plaas.
e]

Geen kopiereg – kan gratis versprei word.

Print Email

Stel nie meer belang nie? Unsubscribe from this newsletter

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 81 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *