PAMPOEN & BILTONGBESKUIT

Lynette Muller
(KUIER, KOOK & KLETS)

Bestanddele
1 kg bruismeel
5 ml sout
500 g botter
400 g suiker
250 ml karringmelk
250 ml pampoen-puree
250 g gesnyde biltong
2 eiers

Metode
Verhit die oond tot 180°C.
Gooi die bruismeel en sout in’n groot mengbak.
Sny die botter in blokkies en vryf dit in die meel in totdat die mengsel soos broodkrummels lyk.
Voeg die suiker by en meng goed.
Klits die karringmelk, pampoenpuree en eiers saam.
Voeg by die meelmengsel, meng goed. Meng nou die biltong by.
Gooi in gesmeerde broodpanne en bak vir sowat 1 uur, of tot gaar.
Laat afkoel en breek dan die beskujit in vingers.
Sit die stukke op ‘n bakplaat en laat uitdroog teen 120°C

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 213 times, 1 visits today)
Advertisements

2 thoughts on “PAMPOEN & BILTONGBESKUIT”

  1. Het pampoen met growwe appelkoos konfyt vervang en biltong met neute. Bietjie minder Suiker, omdat Appelkooskonfyt reeds soet is. Heerlik.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *