ROBYSOUS

Rika Theron

Bestanddele
2 t hoenderpoeier,
1 e gekapte ui,
1 e margarien,
1/2 k asyn,
1 k water,
1/2 t droë mosterd,
1 t gekapte pieterselie.

Metode
Laat uie sag word in margarien maar nie bruin nie.  Roer hoenderpoeier, asyn en water by en kook ‘n paar minute.  Verdik met 1 t mielieblom wat met ‘n bietjie water aangemaak is.  Voeg mosterd en pieterselie by en bedien.  Maak 1 tot 1/2 koppies.  Bedien met varkvleis.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 118 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *