ROMERIGE  KAASMAALVLEIS

Rika Theron

Bestanddele
1 resep witsous (gebruik jou eie resep),
Genoeg kaas om oor te sprinkel,
500 g maalvleis,
1 t. Worcestersous,
1 e. blatjang,
sout en peper,
1 gekapte ui,
1 e. olie, Maggi Fondor.

Metode
Braai ui en vleis in warm olie tot bruin, omtrent 5 minute.  Voeg al die ander bestanddele by, behalwe witsous en kaas.  Kook 10 minute.  Gooi vleismengsel in oondskottel, bedek met witsous en sprinkel met kaas.  Plaas onder rooster tot bruin.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 322 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *