Spiraal Pasta en Spek Geregreg

Resep en foto Jan van Niekerk 

Heerlikste Spiraal Pasta en Spek Geregreg

Bestanddele:
500 g Spiraal macaoni
500 g Spekvleis dobbelsteemtjies (CAB) die ander is onegalig gesny
2 Medium uie, gekap
1 Groen soetrissie, gekap
250 g Gekerfde sampioene
15 ml Gemengde kruie
1 Pakkie Sampioenroomsoppoeier
1 Pakkie 3 kase kaassous
800 ml Melk
2 k Gerasperde cheddarkaas
Sout en peper na smaak

Metode:
Kook pasta volgens aanduidings op pak en spoel af.
Gooi bietjie olyfolie op pasta en roer deur dat hulle nie kleef nie.
Braai die uie tot deurskynend en voeg die soetrissie by.
Braui 3 minute tot sag en voeg die sampioene by en braai tot sag.
Voeg gemengde kruie by en braai 2 minute.
Skep uit en hou eenkant.
Gooi die spekblokkies in die pan met klein bietjie olie en braai tot sag.
Voeg die uie, soetrissie en sampioenmengsel by en roer deur.
Meng die melk met die soppoeier en roer deur.
Verhit in mikrogolf vir drie minute terwyl elke 30 sekonders geroer word.
Meng die kaassous by die soppoeier in en meng goed.deur.
Voeg die sous by die uie en sampioenmengsel en verhit tot dit prut.
Roer aanhoudend tot die sous verdik.
Voeg 1 koppie gerasperde kaas by en roer tot gesmelt
Skep in borde en deel die ander koppie kaas tussen die borde op die pasta.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 269 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *