Twyfel 1

Dinsdag 25 September.2018 Tema: Twyfel 1

**** My eie woorde

**** Twee manne was op pad na ‘n dorp agt myl vanaf Jerusalem. Hulle loop en gesels oor die gebeure van Jesus die Nasarener. Die volgende oomblik stap Jesus self saam met hulle en beantwoord al hulle vrae. Hulle breek brood saam met Hom en dan gaan hulle verder  na die dissipels en vertel van hulle belewenis. Dan gebeur die volgende

Luk. 24:36  En terwyl hulle hieroor praat, staan Jesus self in hul midde en sê vir hulle: Vrede vir julle! 37  Toe het hulle verskrik en baie bang geword en gemeen dat hulle ‘n gees sien. 38  En Hy sê vir hulle: Waarom is julle ontsteld en waarom kom daar twyfel in julle hart op?

**** Vanmôre is dit my vraag aan jou. Het jy al gaan sit en dink oor jou lewe en dan kom die vraag by jou op. “Is al die goed regtig waar?”  As dit waar is waarom is die wêreld so deurmekaar ? Hoekom verhoor die HERE dan nie al ons gebede nie. Ek wil jou hierdie versekering gee, alles wat Hy aan Sy dissipels gesê het , het net so gebeur . Die volgende woorde is Sy belofte aan ons en ek glo dit met my hele hart. Hy sal weer kom om Sy kinders te kom haal.

Joh 14:2  In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. 3  En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

GEBED vir VANDAG B

Onse Vader wat in die hemele is, baie dankie vir hierdie nuwe dag en week. Dankie, Jesus dat U ons belowe het U kom weer en ons hoef nie vir een oomblik daaraan te twyfel nie. Ek bid vir elkeen onder die letter B  Versterk hulle geloof wanneer twyfel hulle oorval. Lei ons vandag volgens U wil . In Jesus se wonderlike Naam. Amen.

Geseënde daggie en week vir julle almal.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 38 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *