Twyfel 2

Woensdag 26 September 2018 Tema: Twyfel 2

**** My eie woorde

**** Weet julle die Here is so getrou deur Sy Woord. Hy is waarlik ‘n God van liefde omgee en genade. Hy weet daar is mense wat swakker is as ander en juis daarom kom die opdrag, die wat sterk is, moet die ander ondersteun en bemoedig. Ons kan so maklik trots raak, maar alles wat ons is en het, is suiwer Sy genade. Kom ek en jy gebruik  dit wat die Here aan ons toevertrou het om ander te bemoedig en te versterk. Ons gaan elkeen een of ander tyd deur die donker tye van die lewe, dan het jy weer daardie hand op jou skouer nodig wat sê, moenie opgee nie hou moed ons Koning kom.

Judas 1:22  En aan sommige wat twyfel, moet julle barmhartigheid bewys;

Matteus 7:2  Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.

Gal_6:2  Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.

GEBED vir VANDAG C

Onse Vader groot en Heilig is U Naam. Baie dankie vir die seker wete, al hou U die heelal in stand, het U begrip vir sondaar mense. Help vir my en elkeen wat hier lees of luister vandag, om ander se nood raak te sien. Help ons om mekaar se laste te dra met U as ons bron van krag en hoop. Ek bid vanmôre vir elkeen op die poslys wie se naam begin met die letter C. My Vader ek weet nie wat hulle nood is vandag nie, U weet dit. Wil U hulle omvou met U liefde sorg en genade. Hoor en verhoor hulle gebede volgens U wil. Ek vra dit in die kosbare Naam van Jesus onse HERE. Amen

Geseënde daggie vir julle elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 58 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *