Twyfel 3

Donderdag 27 September 2018 Tema: Twyfel 3

**** My eie woorde

**** Wanneer mens lees dat ons Godheid nie verander nie en ons dink weer oor die skeppingsverhaal, staan mens in verwondering. Daardie Skepper God wat gesê het “ Laat daar lig wees” Dis dieselfde Christus wat die lig in ons harte en lewens is. Ongeloof is dieselfde as donkerte en dit is die afwesigheid van lig. Nou kom die kosbare woord tot ons vanmôre dat Hy die weg is, Hy is die waarheid en niemand kom tot die Vader op ‘n ander manier as deur Hom nie. Onthou net soos daardie seuntjie, met die vyf brode en twee vissies moes hy alles gee vir Jesus, toe seën Hy dit en gee in oorvloed terug. Ek kan vanmôre getuig hoe waar daardie woord is. Het jy al gegee dat dit seermaak en dan kom oorlaai die HERE jou met Sy hartlikheid en jy huil van dankbaarheid. Dis die God wat ons dien .

Joh 14:6  Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

Mal.3:6  Want Ek, die HERE, het nie verander nie; en julle, kinders van Jakob, is nie verteer nie.

Heb.13:8  Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.

Jak 1: 6 Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep  word.

GEBED vir VANDAG D

Onse groot en wonderlike Vader Seun en Heilige Gees, ons aanbid U vandag met dankbare harte om te weet U het nie verander nie U is gister vandag en tot in alle ewigheid dieselfde. Wat ‘n voorreg om U te dien in vrede sonder vervolging. Versterk ons elkeen se geloof in hierdie dag om te weet dat U die hemel leeggemaak het vir sondaars soos ons. Heilige Gees oortuig ons vandag van ons sonde en gee ons die krag deur Jesus om te oorwin. Ek bid vanmôre vir elkeen op die poslys wie se naam begin met die letter D . My Vader wil U ‘n oomblik by hulle stilstaan vandag en voorsien volgens hulle besonder behoefte . In Jesus se Naam Amen .

Geseënde daggie vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 46 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *